Meer oor my


Ek is tans 27 jaar betrokke in die eiendomsbedryf en het dus saam met vele Suid Afrikaners die hoogte-en laagtepunte wat daarmee gepaard gaan, beleef.

My bemarking sluit wel residensiële en kommersiële eiendom in, maar ek spits my tans toe op die bemarking van plase in die Vrystaatomgewing.

Die nodige en hoogste kwalifikasie vereis deur  die Suid Afrikaanse Eiendomsraad, nl NQF 5, het ek reeds in Nov 2011 voltooi.

My eiendomsfilosofie is om te streef na die beste netwerk, terugvoering en kwaliteit diens gelewer ten alle tye en die etiek van eiendomsbemarking te vervolmaak:

 

'N GELUKKIGE TEVREDE KLIËNT TEN ALLE TYE.